Dis ’n naam wat beelde optower van groot water, blou lug, hoë berge en weelderige plantegroei en sommer net alles wat lekker is: Mantis Group Lake Pleasant Living.

Hierdie bekoorlike vakansieplek tussen Knysna en Sedgefield lê op die rand van een van die grootste natuurlike varswatermere in die Suidelike Halfrond in die skilderagtige Goukamma-natuur-en-seereservaat, tussen die Indiese Oseaan en die Outeniqua- en Tsitsikamma-berge.

Dis die ideale wegspringplek om die pragtige Tuinroete te verken, met sy topklasgholfbane, lieflike strande en weergalose natuurskoon.

By Lake Pleasant Living self is daar uitstekende selfsorg-verblyf en daaglikse diens in private suites en dupleks-villas met twee en suite-slaapkamers.

Lake Pleasant Living is die perfekte vakansiebestemming vir klein groepe en gesinne, met ’n groot klomp aktiwiteite waaraan almal kan deelneem.

Dan is daar ook nog die Health Spa on the Lake, waar ’n ervare span terapeute die allerbeste lyf- en skoonheidsbehandelings aanbied. En wanneer die hongerpyne begin knaag, is dit tyd omdie Bistro on the Lake op te soek vir heerlike etes in ’n gesellige atmosfeer.

1TIME
1time bied meer as 300 bekostigbare vlugte per week aan en spog met 23 ACSA Feathertoekennings as beste laekoste-lugdiens. Vir besprekings en meer inligting, besoek www.1time.co.za.

Wat jy kan wen!

Prys: 6 nagte se verblyf vir 2 in ’n tweeslaapkamervilla ter waarde van R23 000. (Skakel MANTIS 041 407 1000 of e-pos reservations@ mantiscollection.com vir algemene besprekings by Lake Pleasant Living.)

Alle etes, insluitende ’n bottel wyn by middag- en aandetes.

2 spa-behandelings ter waarde van R2 500.

Vervoer vanaf die lughawe en terug, verskaf deur AVIS. (Kontak AVIS by 0861 021 111, reservations@avis.co.za of besoek www.avis.co.za vir besprekings.)

Retoervlugte van 1time. (Onderworpe aan beskikbaarheid. Bepalings en voorwaardes geld.)

NEEM SÓ DEEL:

PER POS
Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop ’n poskaart en stuur dit met jou naam, van, e-pos- en posadres, en telefoonnommer aan: SARIE/Mantiswedstryd, Posbus 511, Kaapstad 8000.

PER SMS
SMS die woord MANTIS (geen leestekens) gevolg deur die antwoord op die vraag hierby met jou naam, van, e-pos- en posadres na die nommer 34687. (’n Tarief van R2 per SMS geld.)


SLUITINGSDATUM: 31 Desember 2010 Die wenner sal teen 14 Januarie 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.