'n Luukse wegbreek ideaal geleë op die gewilde Route 62, in die hartjie van Robertson - dít is die bekoring van die boetiekhotel, The Robertson. En jy staan 'n kans om 2 nagte se bederf by dié gewilde blyplek te wen!

Afgesien van topklas akkommodasie en 'n serene omgewing, bied dié hotel jou 'n onvergeetlike kos-ervaring by die Reuben's at the Robertson, eetplek van die gewilde sjef, Reuben Riffel. Híér is jou gemak en ervaring hulle prioriteit, en is dit jou kans om te ontspan.

Wat kan ek wen?

  • 2 nagte by The Robertson Small Hotel (in 'n suite langs die swembad).
  • Dit sluit ontbyt en aandete in (drankies uitgesluit).
  • Prys ter waarde van R7000
  • GEEN vervoerkostes sal gedek word nie, jy is self verantwoordelik om in Robertson te kom.


'n Bonus vir SARIE-lesers

Bespreek nou jou plek op die MSC Opera vir die Excelsior-wyne-bootreis saam met Romanz
(26 Februarie tot 1 Maart 2013)
, en jy kan 20% afslag kry op jou volgende bespreking by The Robertson. Al wat jy hoef te doen is om "Excelsior & SARIE Wine Cruise" te noem wanneer jy bespreek vir die bootreis.