Vergeet wat jy weet van liefde het ‘n diep betekenis met melodieë wat almal gaan laat saamsing en op plekke die hartsnare roer. Dewald Wasserfall het reeds op platinumverkopers soos Jay, Karlien van Jaarsveld, Lianie May en Bok van Blerk se albums geskryf. En nou met sy eerste solo-album bewys hy dat sy stem kan kers vashou by al die groot name.

Al die liedjies op die album is deur Dewald self geskryf, en Johan Vorster het gehelp met die vervaardiging.

Sy splinternuwe musiekvideo is die titelsnit van die album. Kyk dit hieronder.

Wat kan jy WEN?

Die Zirconium-wegbreeknaweek by die Gemstone Spa en Blue Diamond Hotel sluit die volgende in:

  • 2 nagte se verblyf in 'n luukse suite (Vrydag- en Saterdagaand)
  • Ontbyt by die Peridot-restaurant (Saterdag- en Sondagoggend)
  • 'n Ligte middagete by die Gemstone Spa (Saterdagmiddag)
  • Aandete by die Peridot-restaurant (Vrydag- en Saterdagaand)
  • 2 spa-behandelings per persoon (Vrydagaand)
  • 4 spa-behandelings per persoon (Saterdag)
  • 2 spa-behandelings per persoon (Sondag)
  • Gebruik van die Hydro Lounge-geriewe tydens die verblyf (dit sluit die stoomkamer, Hot Vitality Pool, Cold Plunger en sauna in)

Die prys sluit ook 'n ete vir twee ter waaarde van R500 by die Boston Bistro-restaurant, 'n SARIE-geskenkpak en 2 Dewald Wasserfall-CD's in.

Blue Diamond Hotel

Gemstone Spa

Blue Diamond HotelBlue Diamond Hotel

Dewald Wasserfall se musiekvideo, Vergeet wat jy weet van liefde