Die dae van swaar tasse rondsleep en die gesukkel om jóúne tussen al die ander swartkleurige tasse op die lughawe uit te ken, is verby. Samsonite B-lite Fresh bring vir jou ’n modieuse reeks reistasse wat lig genoeg is sodat jy nooit weer vir ekstra gewig hoef te betaal nie. En jy sal boonop die oog vang met tasse in vrolike kleure soos lemmetjiegroen, helder oranje en elektriese-blou.

2 Gelukkige SARIE-lesers kan elk 'n Samsonite B-lite Fresh-skoonheidstas ter waarde van R895 elk wen. Skryf in deur die wedstrydvorm hieronder in te vul.

Sluitingsdatum: 18 Desember 2011

Die Samsonite B-Lite Fresh skoonheidstas bevat die volgende:

  • Goeie gehalte ritssluiter
  • B-Lite handvatsels vir krag, maar geen ekstra gewig nie
  • Slotte die inhoud om veilig toe te sluit
  • 20 cm diep bêre plek
  • Voetstuk vir ekstra stabiliteit

Die Samsonite B-Lite Fresh-reeks is beskikbaar by reistaswinkels landswyd en dit het ’n vyf jaar waarborg.

Vir meer inligting oor dié modieuse reistasreeks, besoek www.samsonite.com of skakel (031) 266 0620.