Kom sit aan vir 'n glansryke aand in een van die laaste oorblywende spieëltente waar karakters uit 'n vorige wêreld jou vermaak. Madame Zingara is terug, dié keer in die hartklop van Kaapstad, die V&A Waterfront.

"Ons is ná byna 180 000 staande ovasies terug in Kaapstad en baie trots om dit in die Waterfront te kan aanbied," vertel Richard Griffin, vervaardiger van The Miracle Tour. "Omdat dit ook die laaste keer is dat dit in Kaapstad aangebied word, het ons 'n paar nuwe kunstenaars bygewerk," vertel Griffin.

The Miracle Tour is saamgestel deur Richard Griffin, Craig Leo en Valentina Love en van die beste plaaslike en internasionale talent tree daarin op. Die meesters van die antieke Icarian-spele van Asië, die sterkman-trio van Fort Lauderdale en The Grouchos van Spanje en Argentinië is onder meer te sien. Een van die hoogtepunte is 'n plaaslike sanggroep wat van die grootste treffers in Zingara-styl uitvoer.

Voeg hierby 'n 4-gang-maaltyd berei deur gourmet-sjefs en jy kan jou regmaak vir 'n onvergeetlike aand.

Die vertoning is vanaf 16 Januarie op die planke en speel van Dinsdae tot Saterdae. Kaartjies kos tussen R385 en R495. Vir meer inligting, skakel 0862 623 263 of besoek www.madamezingara.com.

*Jy moet self by die vertoning kom, ons dek geen vervoer-, verblyf- of vlugkostes nie.

Madame ZingaraMadame ZingaraMadame Zingara

Madame Zingara