Herlaai liggaam en siel op die tropiese eiland-paradys van Mauritius, waar die vakansieoord Shanti Ananda omring word deur berge en wit strande. Die naam van die oord beteken immers nie om dowe neute “vrede” en “geluk” in Sanskrit nie en dié stukkie paradys is perfek vir ’n gesinsvakansie of intieme wittebrood.

Sommer by jou aankoms sal jy voel hoe die spanning uit jou ledemate vloei wanneer jy begroet word met vars Mauritiaanse gemmertee en die rudraksha om jou nek gehang word –
die sierkrans gemaak van sade van ’n immergroen boom wat bekend is vir die verligting van stres.

Vir meer inligting, besoek www.shantiananda.com.

Antwoord die vraag hieronder om in te skryf.

SLUITINGSDATUM
30 Julie 2010
* Die wenner sal teen 14 Augustus 2010 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

WEDSTRYDREËLS 1. Die eerste korrekte inskrywing wat getrek word, wen die pryse. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 2. Die wenner sal telefonies en daarna per brief verwittig word en sy/haar naam sal in ’n latere stadium op die webtuiste www.sarie.com verskyn. 3. Die prys is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied hierdie wedstryd namens SHANTI ANANDA aan as ’n diens vir haar lesers. SHANTI ANANDI voorsien en is verantwoordelik vir die prys. SARIE aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die prys of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie. 4. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), SHANTI ANANDA en hul reklame-, advertensie- en digitale maatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie. 5. Media24 en SHANTI ANANDA word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die prys.  6. Deur aan die wedstryd deel te neem stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang. 7. Lughawebelasting is nie by die prys ingesluit nie. 8. Die vliegkaartjies is net geldig vanaf Johannesburg. Vervoer tot in Johannesburg sal deur die wenner self betaal moet word.

KRY 'N SPESIALE LESERSAANBOD VIR SHANTI ANANDA HIER