Gee jou huis 'n splinternuwe voorkoms met Plascon se Designer Walls-reeks. Hulle gee vir Vadersdag 6 geskenkpakke met twee 5 liter-verfhouers van jou keuse uit die reeks weg.

"As jy onseker is oor watter kleur om te gebruik kies een van die kleure wat in 'n reeds bestaande ornament of skildery in die vertrek is," sê Anne Roselt van Plascon.

Suède-verf is 'n getekstureerde binnehuise verf wat jou mure soos geborselde suède sal laat lyk. Canvas is weer ideaal vir 'n fluweelagtige suède-voorkoms binne en buite, en Plascon Metallic en Plascon Pearl gee glans aan jou mure.

Nie almal hou van helder kleure nie, sê Anne, maar soms is dit die heel beste manier om lewe te gee aan 'n dowwe vertrek as jy een van die mure 'n fokuspunt maak, soos die muur agter jou bed, die TV of die kaggel.

Kontak gerus 0860 20 40 60 of besoek www.plascon.co.za vir nog inligting.