Sosaties is dalk jóú spesialiteit, en miskien is jou resep 'n familie-erfstuk. Nou's die tyd om dit te deel, want ons soek die beste kerrie-sosaties in die land – nes ons met melktert en tamatiesmoor gemaak het.

By SPAR word die angel uit inkopies gehaal. SPAR-winkels is gerieflik in stedelike woonbuurte geleë en die platteland word ook nie afgeskeep nie. By SPAR kry jy vars produkte, kruideniersware, 'n bakkery, slaghuis en hartlike wegneem-etes. Stuur jou treffer-sosatieresep en wen SPAR-koopbewyse!

Wat jy moet doen
Stuur 'n volledige resep vir lamsosaties en kerriesous, met die marinade-tyd, jou adres, e-pos-adres en telefoonnommer, plus 'n foto van jouself (kop en skouers). Stuur dit aan SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of stuur 'n e-pos na sariekos@sarie.com met jou foto aangeheg (300 dpi).

Wat jy wen

Koopbewyse van SPAR

1ste prys R5 000
2de prys R3 000
3de prys R2 000

Beoordelaars sal kyk na

    * Jou sosatie-kombinasie
    * Voorkoms en smaak
    * Jou persoonlike stempel
    * Speserye in die kerriesous
    * Oorspronklikheid van die resep –
      as dit lank in jul familie is, noem dit!

Sluitingsdatum 1 Augustus 2009

Die wenner en naaswenners se resepte en foto's verskyn in SARIE KOS se lente-uitgawe asook op sarie.com

 

WEDSTRYDREËLS

1. Die resepte sal deur SARIE KOS getoets word en 'n paneel beoordelaars sal die wenners aanwys. 2. Die wenners sal telefonies teen 21 Augustus 2009 in kennis gestel word en hul resep en foto sal in die lente-uitgawe van SARIE KOS verskyn. 3. Werknemers van Media24, hul advertensie-, reklame- en digitale maatskappye asook hul gesinne mag nie aan die wedstryd deelneem nie. 4. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 5. Deur aan die wedstryd deel te neem gee jy toestemming dat jou resep en foto in SARIE KOS en op sarie.com mag verskyn. 6. Deur aan die wedstryd deel te neem stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.