"Elegante bykomstighede verander jou badkamer van 'n gewone vertrek na 'n luukse toevlugsoord," sê Kate van Niekerk, bemarkingsbestuurder van Tile Africa.

Die eerste en beste manier om 'n afgeleefde badkamer weer sprankelend te laat lyk is om 'n fokus-meubelstuk soos 'n spieëlkas of 'n nuwe muurkas in te sit. Dis maklik om self te doen en gaan jou nie baie uit die sak jaag nie.

Nuwe bybehore soos 'n wasbak, 'n stortkop en verhitte handdoekrelings kan die voorkoms van jou badkamer drasties verander. Selfs net om nuwe krane vir jou wasbak te kies maak reeds 'n groot verskil aan die ambience van jou badkamer.

Tile Africa - badkamer-bykomstighede Kleiner badkamer-bykomstighede soos rakke, handdoekrelings, seepbakkies, handdoekhake en tandeborselhouers help om ruimte te skep,
en as jy die regte styl kies, kan jy jou badkamer op 'n ekonomiese manier mooi maak.

Vir kreatiewe inspirasie en die beste badkamer-bykomstighede om uit te kies gaan maak 'n draai by een van die 37 Tile Africa-takke landwyd. Die stylvolle vertoonlokale sal jou luukse idees vir jou badkamer gee.

Kyk uit vir die nuutste uitgawe van connexions, 'n stylgids saamgestel deur Tile Africa. Kry jou eksemplaar by jou naaste Tile Africa-tak. Besoek www.tileafrica.co.za of tel. 0800 002 783 (tolvry)

Jy kan WEN!

'n R5 000-koopbewys van Tile Africa kan joune wees om jou badkamer op te kikker. Vul net die inskryfvorm hieronder in.