Julle sal soos konings voel terwyl julle die grootsheid van die Klein-Karoo in die Sanbona-wildreservaat, slegs drie uur se ry van Kaapstad af, verken. Dié reservaat van 54 000 ha is geleë tussen die skilderagtige dorpe Barrydale en Montagu op Roete 62 en bied vyfsterverblyf by drie pragtige lodges.

Dwyka Lodge is ’n luukse safaritentervaring en lê op ’n perdeskoenrivieroewer, weggesteek tussen ruwe rotsformasies en omring deur ’n indrukwekkende landskap en stilte.

Dwyka Lodge Uitsig oor Sanbona-wildreservaat Sanbona-vlaktes 

Gondwana spog met hope pret vir gesinne, ’n groot swembad en ’n vermaak-vertrek vir kinders met ’n uitsig oor die uitgestrekte Karoo-vlaktes. En die derde en oorspronklike plaasopstal, Tilney Manor, is ’n setlaarswoning met ’n ouwêreldse sjarme en ses groot slaapkamers met buite-storte.

Sanbona word omring deur manjifieke berge en wye, oop vlaktes, en huisves tot 650 plant- en 216 voëlspesies, seekoeie, olifante en renosters. Jy kan ook San-Boesmantekeninge besigtig én dis die tuiste van die bekende witleeu-projek.

Die Sanbona-reservaat behoort aan die Mantis Group en is ’n trotse lid van Preferred Boutique (Hotels).

*Kontak 041 407 1000 of stuur e-pos na reservations@mantiscollection.com vir besprekings.

Mantis Sanbona-wildreservaat