As jy van mode, suksesverhale met hope inspirasie en 'n tikkie romanse hou, is hierdie boek uit die pen van Jana du Plessis, 'n vryskut-kopieskrywer en joernalis van Johannesburg, 'n moet-lees vir jou!

Die rykmansdogter Jaz Coetzee gaan Londen toe om weg te kom uit Suid-Afrika en te vergeet van alles hier. Sy is mal oor mode en oorweeg nie eens die gewone werk wat jong mense gewoonlik in Engeland doen nie. Haar oë is vol sterre oor die loopplanke en mode-weke.

Maar dinge draai anders uit as wat sy verwag het. Haar woonstelmaats is vreemd, Frank dink hy kan ’n kelner-werkie aan haar afsmeer en Annika is net te konserwatief!

En die droomwerk in die modebedryf kom ook nie . . . Wat moet Jaz doen, kinders oppas?

Die jaar oorsee vorm Jaz tot die persoon wie sy nog altyd wou wees, sy leer om onafhanklik te wees en ontmoet die baie aantreklike Brendan.

Vat 'n gap word uitgegee deur NB Uitgewers.

Kyk die lokprent hier