Vir die Franse vrou is stylvolheid tweede natuur. Clicks help jou om ook maklik en vinnig op jou beste te lyk met krulle en kartels perfek vir die Paryse loopplank.

Skep pragtige kartels in 6 maklike stappe (kyk ook die video hieronder, hulle wys jou hoe)

  1. Blaas jou hare ruweg droog met ’n Babyliss pro2200-haardroër (R349).
  2. Smeer haarwaks aan jou haarpunte (’n ertjie-grootte) om gebreekte punte te seël en statiese elektrisiteit uit te skakel.
  3. Gebruik ’n stileeryster, soos Babyliss iPro230 iCurl Straightener (R439,99), om groot krulle te skep. Begin deur ’n stukkie hare (vanaf so 4 cm van die wortel) met die stileeryster vas te knyp.
  4. Draai die stileeryster een keer in die rondte sodat die hare daarom gedraai is. (As jy net ’n effense kartel wil skep, draai die hare net 180 grade om die yster, soos ons hier gemaak het.)
  5. Trek die yster afwaarts, met die hare daarom gedraai, om ’n krul te skep.
  6. Gee jou krulle glans met John Frieda Frizz-Ease 100% Shine Glossing Mist.

KEN JOU PRODUKTE

Reinig reg
Son, wind en reën eis hul tol op hare. Kies ’n sjampoe wat help om joune weerbestand te maak. John Frieda Weather Works Proofing Daily Shampoo (R94,99) bevog en versag jou hare en gee definisie. Die Shielding Technology gee jou hare weerstand teen humiditeit en bied UV-beskerming.

Ekstra sorg
’n Opknapper wat bevog, voed en hidreer laat jou hare sysag voel. John Frieda Weather Works Proofing Daily Conditioner (R94,99) gee jou hare glans en maak dit meer beheerbaar.

Seël dit in
Hou jou hare in toom met John Frieda Weather Works Weather Proofing Style Sealant Crème (R94,99). Wend dit aan op klam hare voordat jy dit droogblaas. Haarroom gee beheer en seël gebreekte punte. Boonop hou dit humiditeit uit terwyl dit statiese elektrisiteit uitskakel.

Blitsig droog
Blaas jou hare vinnig droog (teen 75 km per uur!) met die Babyliss pro2200-haardroër (R349). Dit het 3 temperatuurstellings met ’n koue lug-funksie om vinnig die mooiste
style te skep. IoniCeramic-tegnologie sorg dat jou hare ekstra-vinnig droog word en die styl aanneem.

Nommerpas gestileer
Hare word penreguit, ’n krullebol of sag gekartel (foto oorkant) met die Babyliss ipro230 iCurl Straightener (R439,99). Dié stileeryster benut nanotegnologie om te sorg dat elke haartjie op sy plek bly. Jy kan dit op droë of nat hare gebruik.