Mariska Venter van Durbanville: "Ek maak graag dié viskoekies op weeksaande vir my gesin, maar dis ewe gewild op my Sondagtafel."

genoeg vir 6 – 8

•  3 groot aartappels – gaar en fyngedruk

•  1 x 415 g-blik salm, fyngevlok

•  1 x 170 g-blik tuna-stukke, gedreineer

•  400 g droë broodkrummels

•  2 eiers

•  1 x 3 ml-stuk vars gemmer, fyngerasper

•  1 rooi brandrissie, fyngekap

•  2 knoffelhuisies, fyngekap

•  10 ml fyn komyn

•  hand vol koljanderblare, fyngekap

•  sout en varsgemaalde swartpeper

•  45 ml olyfolie

•  350 ml tartaarsous vir voorsit

Meng aartappel, salm, tuna en 200 g van die broodkrummels saam. Voeg eiers, gemmer, rissie, knoffel, komyn en koljander by. Geur baie goed met sout en peper. Meng goed deur met houtlepel. Verdeel beslag in 8 porsies en vorm ronde viskoekies. Rol koekies in oorblywende 200 g brood- krummels. Verhit olie in braaipan. Braai koekies 3 — 5 minute of tot weerskante goudbruin en gaar. Sit voor met tartaarsous.