Getoets deur Alida Vos

Boonop kan jy die rowwe snorre op die snelweg ’n ding of twee wys. Uitsig is uitstekend vir die bestuurder en passasiers. Dis ’n groot voertuig, maar danksy die parkeer-hulpstelsel is parkering maklik.

Met die agterste van die 7 sitplekke platgeslaan, is daar 1 149 liter pakplek, kantspieëls vou elektries terug, ligte skakel outomaties aan wanneer dit skemer word en die ruitveërs wanneer dit begin reën. Veiligheidseienskappe sluit in aktiewe stabiliteits- en wieltolbeheer, 6 lugsakke en ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding. Op die stuurwiel is skakelaars vir onder meer snelheidsbeheer, Bluetooth en die klankstelsel. Die sportnuts is in 5 kleure beskikbaar, die waarborg is 3 jaar/100 00 km en diensplan 5 jaar/90 000 km.

  • Prys: R465 900