Wonderbra word nie verniet deur soveel vroue beskou as die 8ste wonder van die wêreld nie.  Die bra is só ontwerp om by elke vrou se unieke kurwes en vorms aan te pas, maar om ook haar skoonheid te laat uitstaan en te beklemtoon.

Wonderbra help al jare om vroue meer selfversekerd, sexy en begeerlik te laat voel.  Die push-up bra, ontwerp en gemaak in 1964 is vandag nog die populêrste item - met 54 unieke ontwerps-elemente wat die beste lig, en borsgleufie verseker.  Die bandjie-lose bra, is ook 'n moet-hê item in jou kas, vir al daai somersrokkies en skouerlose toppies.  Dit gee sommer net daai ekstra selfvertroue en sprankel wat 'n uitrusting mooi verfynd afrond.

'n Hupstoot op net die regte plek, is wat elke vrou, jonk of oud begeer.  Wonderbra het ook pragtige bypassende broekies, en daar is iets vir elke geleentheid en smaak.

Vir meer inligting besoek Wonderbra by www.wonderbra.co.za

W-Moulded Cleavage Bra - R179.95

NVPL Bolyleg - R79.95

Wonderbra Ultimate Strapless - R419. 95