Die regte uitrusting kan enigiemand soos ’n splinternuwe sikspens laat voel, maar af en toe wil jy jou stempel behoorlik afdruk. Dit is wanneer jy ietsie ekstra nodig het.

Vroue regoor die wêreld het sonder twyfel ’n groot sug van verligting gegee toe die sogenaamde power suit van die toneel verdwyn het. Deesdae is kantoorstyl aansienlik vrouliker en gemakliker sonder dat dit ’n halwe tree hoef terug te staan vir ons manlike eweknieë. Danksy sterk TV-karakters soos Alicia Florrick in The Good Wife, Olivia Pope in The Fixer en Jessica Pearson in Suits, en bekende figure soos Michelle Obama het die prentjie aansienlik, ten goede, verander. Hier is van hulle stylgeheime.

Die enigste naam wat tel, is joune

’n Paar dekades gelede het vroue “name” in plaas van klere gekoop. Wie jy gedra het, was belangriker as wat jy gedra het. Gelukkig het dinge verander en is dit jou smaak wat tel. Niks keer jou om ’n top wat jy by ’n kettingwinkel gekoop het en ’n swierige romp na ’n formele ete aan te trek nie. Trouens, Sharon Stone het in 1998 ’n beroering veroorsaak toe sy by die Oscars opgedaag het in ’n lieflike aandromp van Vera Wang en ’n spierwit manshemp wat sy by haar destydse man geleen het.

Thithi Nteta, ’n Johannesburgse blogger, het haar weergawe van dié voorkoms op skip.co.za se Three Word Wardrobe gewys.

SKIP DIGITORIAL Sharon Stone
FOTO: Associated Press

Lyk netjies, werk netjies

Professor Adam D Galinsky van die Kellogg-bestuurskool in Amerika het bevind dat mense se kleredrag hul werk beïnvloed. Hy het twee groepe studente gevra om dieselfde taak te doen. Al verskil was dat die een groep wit laboratoriumjasse gedra het en die ander hulle gewone klere. Eersgenoemde groep het minder foute gemaak. Prof. Galinsky se gevolgtrekking was dat “kleredrag ook ons denke affekteer. Dit verander iemand se psigologiese toestand.”

Lyk indrukwekkend

Tracy Morris, ’n Amerikaanse professor van sielkunde aan die universiteit van Wes-Virginië, het vir jare die invloed van klere op persepsie bestudeer en bevind dat mense se waarnemings van professionele eienskappe soos bevoegdheid, selfbeheersing en kennis “die meeste deur kleredrag geraak word” en dat “die gunstigste persepsies deur formele drag bewerkstellig word”. Sedert die studie in die 90’s gedoen is het en ons idee van “formele drag” aansienlik verander, maar dit is nogtans belangrik om te weet wat in jou werksopset as formeel beskou word en wanneer dit (handig) te pas sal kom.

Die basiese beginsels

Lisa Taylor Richey,’n sake-etiket-kenner, het op professionaldevelopmentmatters.com van stylreëls van die nuwe power dressing gelys:

  1. Baadjies is kort of pas netjies; die dae van manlike of groot, los style is verby.

  2. Beteuel jouself ten opsigte van bykomstighede; een treffende stuk is genoeg.

  3. Versag ’n baadjie met potloodstrepe deur ’n romp of hemp met blomme op daarby te dra.

  4. Meng en pas duur en goedkoper items. (Michelle Obama dra graag klere van J.Crew.)

  5. Verruil jou swart handsak vir ’n vrolike bone een.

  6. Trek verskillende patrone bymekaar aan.

SKIP DIGITORIAL Michelle Obama het ’n lamé-top uit Michael Kors se Resort Collection en ’n jacquard-romp van J.Crew gedra toe sy op die Jay Leno Show verskyn het.
FOTO: Associated Press

Trek aan volgens die Three Word Wardrobe

Na kantoortyd is Siyaam Ally ’n modeblogger, maar bedags is sy ’n prokureur, wat beteken dat sy die potensiële impak van die regte klere verstaan.

FB post 6Sal jy daarvan hou om jou klerekas nuwe oemf te gee met ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree? Laai dan jou foto’s van jou Three Word Wardrobe op by skip.co.za Klik hier.

Bronne: goodtherapy.org, marieclaire.com, professionaldevelopmentmatters.com, theweek.com

Lees nóg oor die Three Word Wardrobe: