Bestanddele:

Pak “Baby salad” of Herb slaai blare

Klein pakkie 30 g vars Koljander

Halwe gekapte rooi ui of 8 klein rooi spriet uitjies (salad onions)

Slaai sprouts

200 g biltong- dun gesny en moenie te droog wees nie (of soveel biltong jy in jou slaai wil hê)

1 pakkie gewone Chevin Goats Cheese

4 of 5 vars swart vye opgesny in kwarte

Rou cashew neute en pampoen saad wat jy in ‘n droë pan rooster

Meng al hierdie bestanddele saam in ‘n bak.

Slaai sous:

Meng al die volgende bestanddele saam:

80 ml extra virgin olyf olie

30 ml Balsamiek reduksie

15 ml balsamiek asyn

1 t mosterd poeier

3 – 4 t strooisuiker

2 t fyn gekapte koljander of 2 t droe kruie

1 t gekapte swart peper

Sien ander resepte