Aktrise Zoe Saldana, wat met Bradley Cooper uitgegaan het, het onlangs stil-stil getrou. Nou is daar ook gerugte dat die 36-jarige aktrise swanger is.

Alhoewel die media by die première van haar nuwe film, Guardians Of The Galaxy, wou uitvind of sy swanger is, wou sy nie kommentaar lewer nie. Sommige webtuistes beweer wel dat haar baba-maag in haar Louis Vuitton-skepping gesien kan word, maar ons is nie so seker daarvan nie.

Wat wel seker is, is dat dié rok met die wit paneel die aandag getrek het. Wat dink jy daarvan? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Zoe Saldana by die première van  Guardians of the Galaxy  in Kalifornië FOTO: Alberto E. Rodriguez vir Getty Images Zoe Saldana by die première van Guardians of the Galaxy in Kalifornië
FOTO: Alberto E. Rodriguez vir Getty Images