Sy het Sondagaand die Oscar vir beste aktrise gekry vir haar spel in Blue Jasmine, tien jaar nadat sy dié toekenning as Katharine Hepburn in The Aviator verower het. Die aktrise het vroeër vanjaar vertel dat sy in ’n stadium gedink het sy is nie opgewasse vir haar rol in Blue Jasmine nie. Lees hier waarom.

1 Gebore en getoë in Australië

Die beeldskone aktrise is in 1969 in Australië gebore - haar pa was ’n Amerikaner, maar haar ma was van Australië. Sy het by Australië se National Institute of Dramatic Art as aktrise gekwalifiseer.

2 Sy en haar man was eers nie mal oor mekaar nie

Cate en haar man, Andrew Upton, het in mekaar in 1996 op stel ontmoet. Hy het geglo sy is afsydig en sy het weer gedink hy is arrogant. Toe hulle egter ’n jaar later by ’n partytjie poker speel, het die twee só goed gekliek dat sy saam met hom huis toe is. Drie weke later het hulle verloof geraak.

Die aktrise Cate Blanchett se hare herinner aan die langer bob-style wat tans gewild is. Op die voorblad van Vogue se Januarie-uitgawe

3 Sy is ’n ma

Cate en Andrew het drie seuns: Dashiell (13), Roman (10) en Ignatius (4).

4 Giorgio Armani is mal oor haar

Die ontwerper en skoonheidsreus Giorgio Armani is mal oor Cate, wat die gesig is van sy nuwe parfuum, Armani Sì. Hy het haar al as wonderlik en een van Hollywood se koninklikes beskryf. "Nie net was sy ’n visioen op die rooi tapyt nie, maar haar ontvangstoespraak het die mag en glorie van een van ons tyd se grootste aktrises bewys," het hy gesê nadat sy vanjaar haar Oscar-toekenning ontvang het.

Die rok wat Giorgio Armani vir Cate Blanchett onwerp het vir die advertensieveldtog van Armani Sì GRAFIKA: verskaf

Die sagte goudkleurige rok wat sy by vanjaar se Oscars aangehad het, was ’n Armani-ontwerp. Dié rok is met onder meer goue Swarovski-kristalle versier.

5 Sy het Bob Dylan gespeel

Die aktrise het Bob Dylan gespeel in die 2007-rolprent I'm Not There. In dié fliek het ses karakters verskillende aspekte van die ikoniese sanger se lewe uitgebeeld. Sy was benoem vir ’n Oscar vir beste ondersteunende aktrise vir dié rol. Christian Bale, Heath Ledger en Richard Gere was ook in dié fliek.

6 Uit haar ses Oscar-benoemings het sy vier keer regte mense gespeel

Vier van Cate se ses Oscar-benoemings was vir rolle waarin sy karakters wat regtig geleef het, gespeel het: koningin Elizabeth I (Elizabeth en Elizabeth: The Golden Age), Katharine Hepburn (The Aviator) en Bob Dylan (I'm Not There). Boonop het sy met haar eerste Oscar-oorwinning (toe sy Katharine Hepburn gespeel het) ook die eerste persoon geword wat ’n Oscar wen vir haar vertolking van ’n Oscar-wenner.

7 Sy woon in Australië

Cate en haar man, Andrew, probeer om die meeste van hul tyd in Australië deur te bring, waar hulle hul drie seuns grootmaak. Dis ook hier waar albei sedert 2008 kreatiewe direkteurs van die Sydney Theatre Company is.

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

8 Sy is die middelkind

Cate is die middelste kind in haar gesin. Haar ouer broer, Bob, is ’n rekenaarprogrammeerder - haar seun, Roman, se middelnaam is ook Bob. Kleinsus Genevieve werk ook in die kunste - sy is ’n teater-ontwerper.

9 ’n Lys vir elke ding

Die aktrise maak glo graag lyste en is veral mal daaroor om alles wat sy bereik of afhandel van dié lyste af te krap.

Cate Blanchett in 'Blue Jasmine'. FOTO: YouTube Cate Blanchett in 'Blue Jasmine'. FOTO: YouTube

10 Sy het die titelrol in sewe rolprente gespeel

Cate het al sewe keer karakters vertolk wie se name ook in die titel van die betrokke rolprente was. Dit sluit in: Veronica Guerin (2003), Charlotte Gray (2001), Elizabeth (1998), Thank God He Met Lizzie (1997), Oscar and Lucinda (1997), Elizabeth: The Golden Age (2007) en Blue Jasmine (2013).

BRONNE: IMDB &cate-blanchett.com