In The Wolf of Wall Street speel die beeldskone Margot Robbie die rol van Naomi Lapaglia, Jordan Belfort (Leonardo DiCaprio) se tweede vrou.

Die fliek, gebaseer op Jordan Belfort se ware storie, gaan oor hoe Jordan se uitspattige lewe as ryk makelaar met rowwe partytjies, dwelms en seks hom uiteindelik in die tronk laat opeindig. Kyk hier na die amptelike lokprent.

Tien interessante feite oor Margot Robbie

  1. Margot kom van Australië.
  2. Sy is net 23 jaar oud.
  3. Dié aktrise speel ook sport en is hokkie-mal.
  4. Sy het eers as senior in die hoërskool begin toneel speel.
  5. Voordat Margo Hollywood toe is, was sy ’n bekende sepiester in Australië.
  6. Jy sou haar al in die fliek About Time en die TV-reeks Pan Am gesien het.
  7. Sy was aanvanklik gekant teen The Wolf of Wall Street se naaktonele.
  8. Ter voorbereiding van haar een naaktoneel teenoor Leo het Margot drie skote tequila gedrink.
  9. Sy is enkellopend.
  10. Hoewel haar wêreld verander het, is sy steeds dieselfde Margot Robbie as op haar eerste dag in Hollywood.

(Bron:Huffington Post)

Margot agter die verhoog by die naweek se Gold Globe-toekennings. FOTO: Instagram (@goldenglobes) Margot agter die verhoog by die naweek se Gold Globe-toekennings. FOTO: Instagram (@goldenglobes)