FOTO BO: Die SARIE-span! SARIE is wéér die grootste verkoper van glans-vrouetydskrifte in Suid-Afrika.

Dit het Sondag afgeskop met Moedersdag en Justin Bieber se konsert in Johannesburg. Suid-Afrika se Willem Botha is op die Eurovision-verhoog in Swede waar hy saam met die span van Belarus na die halfeindronde van dié sangkompetisie deurgedring het. Angelina Jolie het die verhaal van haar dubbele mastektomie vertel, David Beckham gaan uit sokker tree en die Protea-kaptein, Graeme Smith, moes 'n operasie aan sy beseerde voet ondergaan. Die trend van die week (dalk die maand) is die 1920's, danksy Baz Luhrmann se The Great Gatsby.

Moedersdag

LINKS: Die appel val nie ver van die boom af nie. Die voormalige Mej. Suid-Afrika Claudia Henkel het 'n foto saam met haar ma gedeel.

REGS: Die model Lee-Ann Liebenberg se pragtige dogtertjie, Gia.

LINKS: Die Suid-Afrikaner Kandyse McClure is besig om vir haarself groot naam in Hollywood te maak. Hier is sy saam met haar ma.

REGS: Die Suid-Afrikaanse model Nicola Breytenbach wat in Amerika woon, saam met haar kinders.

FOTO: Jessica Alba saam met haar 4-jarige dogter, Honor.

FOTO: Loui Fish en haar twee seuns, Luke en Zeke.

Justin Bieber in Johannesburg

FOTO: Justin het sy ma op die verhoog gebring tydens sy konsert op Moedersdag.

LINKS: Natasha Sutherland het vir Ben na die konsert geneem terwyl sy haar woorde geleer het - praat van 'n besige mamma!

REGS: Mej. SA, Marilyn Ramos, het saam met haar niggie gaan kyk.

Agter die skerms

Chantell Stander Chantell Stander lyk pragtig op die voorblad van die JUNIE-uitgawe van SARIE. Sy praat oor haar jong kêrel én haar lewe na Egoli.

LINKS: Brümilda van Rensburg op die stel van High Rollers.

REGS: Jana Strydom, Kim Engelbrecht, Hanna Grobler en Christel van der Berg op die stel van Konfetti.

FOTO: Willem Botha stryk sy hemp voor hy in Swede op die Eurovision-verhoog optree.

LINKS: Jeannie D lyk pragtig op die stel van Top Billing.

REGS: Die sangeres Tamara Dey lyk steeds glansryk, al is haar hare in krullers.

Hulle kuier saam

FOTO: Kurt Darren en Claire Johnston van die groep Mango Groove.

LINKS: Boer Soek Vrou-aanbieder Angelique Gerber saam met die publisiteitsagent Janis Ellis en die sanger Machiel Roets.

REGS: Bobby en sy vrou, Annatjie (regs), kuier saam met Marli, vrou van kitaarspeler Ruan Theron.

FOTO: Die Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel saam met die bekende grimeerkunstenaar Fredrik Stambro.

In die nuus ...

FOTO: Angelina Jolie het wêreldwyd opslae gemaak toe sy bekend gemaak het dat sy vroeër vanjaar 'n dubbele mastektomie ondergaan het. Lees die artikel hier.

FOTO: Die voormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss het 'n foto van haar en David Beckham getwiet waar hulle saam 'n geleentheid aangebied het. David het Donderdag aangekondig hy is op 38-jarige ouderdom nou klaar met sokker. Lees meer hier.

LINKS: Die Protea-kaptein, Graeme Smith, in die hospitaal ná 'n operasie aan sy beseerde voet.

REGS: Prins Harry was dié week in Amerika waar hy verskeie funksies namens sy liefdadigheidsorganisasies bygewoon het. Lees meer hier.

FOTO: Die wêreld berei voor vir Kate en William se baba! Lees meer hier.

'Trend' van die week - Gatsby

The Great Gatsby het die gesogte Cannes-filmfees geopen. Die reën wou net nie wegbly nie! Lees die artikel hier.

Lee-Ann Liebenberg het die Gatsby-trend kop toe gevat by die première van dié prent in Suid-Afrika.

Nadia Valvekens het in die Mei-uitgawe van SARIE pragtig gelyk in 'n Gatsby-geïnspireerde fotosessie.

Volg ook SARIE op Pinterest vir meer Gatsby-geïnspireerde modes en haarstyle