Op die eerste foto van Kutcher as Jobs, lyk hy besonder baie na dié ikoon in sy jonger dae. Die bebaarde Kutcher is in Delhi naby die Jama Masjid-moskee gekiek en die foto is op die I Love New Delhi-Facebook-blad gesit. Hy is glo sedert Maandag in Indië vir die verfilming.

Volgens www.imdb.com sal Jobs teen 2013 op die grootskerm wys.

Die tonele vertel van Jobs se reis na Indië in 1974 saam sy vriend Dan Kottke.