Ons moes letterlik twee keer kyk! Die Oscar-benoemde aktrise Naomi Watts het 'n ongelooflike transformasie ondergaan vir haar rol as Prinses Diana. Die eerste foto's van haar met Diana se ikoniese middel-neëntigs haarstyl het laat gister (2 Julie 2012) op die internet begin opduik ná sy in Londen afgeneem is.

"Ek voel baie bevoorreg om hierdie rol te kan speel," het Watts in 'n verklaring gesê. Die fliek, Caught in Flight, deur die regisseur Oliver Hirschbiegel fokus op die tydperk toe Diana na bewering 'n liefdesverhouding met hartchirurg, dr. Hasnet Khan gehad het. Diana is op die ouderdom van 36 tragies in 'n motorongeluk in Parys oorlede.

Daar is aanvanklik aangeneem dat The Help-aktrise, Jessica Chastain, dié rol sou speel. Maar ons dink Naomi is 'n uitstekende keuse!

* Vir nóg foto's, gaan na www.comingsoon.net