Tydens Sondag 22 April se aksiebelaaide finaal in die Monte-Carlo Rolex Meesters het Rafael Nadal die agtste agtereenvolgende keer met die titel weggestap. Hy het die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, met 6-3, 6-1 verslaan. Novak het letterlik ure voor sy kwarteindrondte gehoor dat sy oupa oorlede is. Hy het steeds voortgegaan om Robin Haase te verslaan.

Monaco se stylvolle Prinses Charlene was daar om die trofeë aan die twee tennisspelers te oorhandig – met 'n nuwe korter haarstyl. Charlene en haar prins, Albert, het Djokovic vroeër verlede week ook vereer vir sy bydrae tot sport in Monaco. Hy's Serwies, maar woon en oefen in dié klein Mediterreense prinsdom.