Ons kan dit self nie glo nie, maar Oscar-wenner Jennifer Lawrence, die aktrise wat alombekend is vir haar snaakse oomblikke op kamera, kan nie sing nie. En hier het ons gedink sy kan álles doen...

Lawrence het op The Late Show with David Letterman verskyn, en soos altyd het haar eerlikheid en menslikheid aanhangers aan haar lippe laat hang. Letterman het haar uitgevra oor haar rol in die nuutste The Hunger Games-fliek, The Hunger Games: Mockingjay - Part 1, wat die feesseisoen uitkom.

In dié rolprent moes Lawrence op kamera sing, iets wat van kleintyd af een van haar grootste vrese is. In die video hieronder sing sy en Letterman ’n liedjie uit haar skoolkonsert. Haar gebrek aan ’n sangstem laat ons eintlik nóg meer van haar hou!

Bronne: ELLE

Lus vir nog ’n snaakse video?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!