Minstens drie van die vroue agter ons nasionale krieketspan is tans swanger. Kyk na dié skattige foto van Morné Morkel, AB de Villiers en JP Duminy se vroue waar hulle met hul groeiende Protea-boepies spog. 

Mornése vrou, Roz Kelly, het ons met dié foto op haar Instagram-blad bederf. Sy is gekiek saam met Danielle de Villiers en Sue Duminy by gister se Krieket Suid-Afrika-toekennings.

"Dit is wonderlik om dié reis met sulke spesiale dames te deel," was Danielle se reaksie op die foto.

FOTO: Instagram roz.kelly.morkel Roz Kelly, Danielle de Villiers en Sue Duminy FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Dié drie het ook individuele foto's op sosiale media gedeel.

Roz was stylvol en sexy in swart.

FOTO: Instagram roz.kelly.morkel Morné Morkel en Roz Kelly FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Dié paartjie het rede om te glimlag. AB het weggestap met die volgende vier pryse: SA Speler van die Jaar, Eendagspeler van die Jaar, SA Spelers se Speler van die Jaar én SA Ondersteuners se Speler van die Jaar.

FOTO: Instagram danielledevilliers AB en Danielle de Villiers FOTO: Instagram danielledevilliers

Sue skitter in blou.

FOTO: Instagram sueduminy Sue en JP Duminy FOTO: Instagram sueduminy

Lees nou