Waar kry jy nou 'n beter kombinasie as fliek én lekker kos! Dié week het ons by die Good Food and Wine Show in Kaapstad saam met Herman Lensing en Gordon Ramsay die wêreld warm gekook. Ook het die nuus van Suid-Afrikaners wat internasionaal presteer ons boonop trots gemaak. Nuwe liefde is in die lug met paartjies wat begin saamkuier het, en Cameron Diaz gaan glo uit met 'n Suid-Afrikaner! Kry al dié week se warmste nuus!

Kos en fliek - 'n heerlike winter kombinasie

Die naweek het op 'n hoogtepunt geëindig met die Good Food and Wine Show in Kaapstad én die einde van die Cannes Filmfees.

FOTO LINKS: Ons eie Herman Lensing, kosredakteur van SARIE, op die verhoog by die Good Food and Wine Show

FOTO REGS: Gordon Ramsey was ook by dié kosfees

SARIE KOS

Die nuutste SARIE KOS is ook weer op die rakke - en dié een fokus spesifiek op die mans! Maar daar is talle resepte vir die vroue ook om hom hierdie Vadersdag te bederf.

Zulu

Die film wat dié gesogte tydgleuf gekry het om heel laaste by die Cannes-filmfees vertoon te word, was Zulu - 'n film wat in Suid-Afrika afspeel. Orlando Bloom en Forest Whitaker is in die hoofrolle. Ons eie Tanya van Graan speel Orlando se vrou in die film. Lees hier wat sy oor Orlando te sê het!

Die nuwe Afrikaanse film Babalas met Ian Roberts, Jack Parow en die pragtige Tammy-Anne Fortuin se lokprent het ook hierdie week uitgekom. Kyk dit hier! Dié film begin 2 Augustus in teaters draai.

Die vlegsel-trend het weer by dié filmfees opgeduik om te bewys dít is lank nog nie iets van die verlede nie!

Nicole Kidman

Ons besgeklede vrou van dié weeklange fees, Nicole Kidman, het klein vlegsels gemaak wat sy in die holte van haar nek bymekaar gebring en met knippies vassteek het. Kry hier wenke en inspirasie om jou eie vlegsel-haarstyl aanmekaar te slaan.

Hollywood het weer bewys hulle is gaande oor Suid-Afrikaanse talent. Ons eie Hanneke Schutte het die internasionale Jameson First Shot-kompetisie gewen. Haar korfilm is in samewerking met Kevin Spacey vervaardig. Vir dié geleentheid het hy Suid-Afrika toe gekom! Hieronder is sy onderhoud met sarie.com:

Pragtige mense

SARIE se beoordelaars moes omtrent dié week kopkrap om die 36 finaliste van die SARIE Voorbladgesig van die Jaar uit te kies! Met soveel pragtige vroue wat ingeskryf het, is dit net weer 'n bewys Suid-Afrika het die mooiste vroue!

Die pragtige Karlien van Jaarsveld se nuutste album, Uitklophou, se omslag is ook bekendgestel. En almal is dit eens – sy lyk pragtig daarop!

Kry haar voorkoms in ons sarie.com winkel!

Nóg 'n Suid-Afrikaanse skoonheid, Prinses Charlene van Monaco, pryk op die voorblad van die Japanese Vogue - net ‘n week nadat Candice Swanepoel, nóg ‘n pragtige Suid-Afrikaanse uitvoerproduk op die Australiaanse uitgawe van dié modetydskrif verskyn het. Lees meer daaroor hier!

Charlene

En Minki van der Westhuizen het haar bababoepie met ons gedeel! Die tyd word nou min!

Die koue weer beteken ook nuwe warm haarkleure! Lees hier wat sê Bobby van Jaarsveld se haarkapper oor sy keuse om ‘n warmblond te word.

Nicole Kidman en Tom Cruise se aangenome dogter Isabella Cruise het ook die week op Instagram haar nuwe kapsel gewys. Ons hou baie van dié nuwe kort styl, soos Charlize Theron ook dra!

Warm liefde

Die koue weer is perfek vir lepellê en in die Noordelike Halfrond beteken die lente dat liefde in die lug is! Wie is nou almal bymekaar?

Ons het ook die hartseer nuus gehoor dat ons Olimpiese held Cameron van der Burgh en sy meisie, Jana Botes uit is.

Cameron Diaz gaan blykbaar uit met ‘n Suid-Afrikaanse biljoenêr! Lees die storie hier.

... en die gewig!

En met die koue weer word die lekker kos ook nader gesleep – onthou net om die régte keuses te maak. Sarie.com en BeterEetTM se Een Nommer Kleiner leefstyl-veldtog gee vir jou die toerusting en kennis om slim koskeuses te maak! Dié week het Mariza meer gesels oor proteïene en die regte soort vette. Het jy geweet die lae vet-opsie kan jou eintlik vet maak?

Maar ons moenie te veel vaskyk in ons liggaam nie! Oprah het dié week gesê jou liggaamsvorm het niks met jou persoonlikheid uit te waai nie. Lees hier hoekom sy sê 'Jy is níé jou liggaam se vorm nie!'

Oprah

En 'n gewilde Amerikaanse blogger het wraak geneem op die bekende handelsmerk Abercrombie & Fitch nadat dié klere-maatskappy se hoof-uitvoerende beampte plus-grootte kliënte glo beledig het.

The Militant Baker