Dis Vrydag! En om die lang week af te sluit is hier ’n paar goedvoelstories om jou naweek lekker af te skop. Van Chad le Clos tot die reën - daar is soveel goed waaroor ons vandag góéd kan voel.

Chad le Clos verbeter sy eie wêreldrekord

Die Olimpiese swemmer Chad le Clos het sy tweede goue medalje by die 13de Fina  Wêreld Swemkampioenskap in Kanada gewen. Die tweede medalje is wel baie meer as goud werd - hy het sy eie wêreldrekord vir die 100 m-vlinderslag laat spat, berig Sport24.

Chad het sy vorige tyd van 48.44 sekondes, wat hy by die vorige kampioenskappe in Doha in 2014 geswem het, geklop met ’n tyd van 48.08 sekondes.

In SARIE se Januarie 2017-uitgawe gesels ons met Chad oor sy planne, sy teleurstellings en sy drome. Moet dit nie misloop nie.

Twee plaaswerkers se dogter is nou ’n dokter

Toe Yvonne Dyum se matriekuitslae nie goed genoeg was om vir die mediese graadprogram aanvaar te word nie, het sy nie tou opgegooi nie. Sy het in 2010 ná haar matriekjaar ingeskryf vir Stellenbosch Universiteit se SciMathUS-program, berig US. Dit is die oorbruggingskurses wat vir matrikulante aangebied word om hul wiskunde- en wetenskappunte te verbeter sodat hulle universiteitstoelating kan kry. Ná die jaarkursus was Yvonne se punte goed genoeg om medies te studeer, en vandag is sy dr. Yvonne Dyum.

FOTO Universiteit Stellenbosch FOTO Universiteit Stellenbosch

Kirk Douglas is vandag 100 jaar oud!

Wêreldwyd is daar slegs ’n klein persentasie mense wat die voorreg het om hul 100ste verjaardag te vier. En die legendariese Hollywood-akteur Kirk Douglas is deel van dié uitverkore groepie. Die Golden Globe-wenner het in 87 rolprente verskyn, waaronder Spartacus, Ace in the Hole en Ulysses, berig Mirror. Sy seun Michael Douglas het ook in sy pa se voetstappe gevolg en ’n suksesvolle akteur geword. Baie geluk, Kirk!

Maar dit is nie al bekende wat vandag verjaar nie. Dame Judi Dench word vandag 82 jaar oud. Die Britse aktrise is veral bekend vir haar karakter Olivia "Emma" Mansfield in die James Bond 007-rolprentreeks. Sy het vir haar 81ste verjaarsdag ’n tatoeëermerk op haar arm gekry wat se "Carpe diem", berig Telegraph. Ons wonder watter tatoeëermerk sy dié verjaardag gaan kry?

Dit reën!

Suid-Afrika is op die oomblik in ’n dorre droogte en waar ons soveel waterbeperkings het, is baie vandag verlig vir die salige reënbui.

Reen insta1

Ons kan nie help op om te dink aan die musiekgroep Toto se treffer "Africa" nie.

Kyk dit hier!

Lees nou

Mick Jagger is vir die 8ste keer pa – op 73!

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube!

VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke