’n Paar dinge het die afgelope maand by die soekenjin Google verander. Eers het hulle aangekondig dat Google nou onder ’n oorkoepelende maatskappy, Alphabet, val, en nou het hulle die bekende logo ook verander, berig INB Live.

Hier is 5 interessante feite oor die nuutste weergawe van die Google-logo.

1. Sedert Google in 1998 vir die publiek geloods is, het die logo al ses keer verander.

all-google-logos-1998-2015-020915

2. Dit was die eerste keer dat Google hul nuwe logo met ’n doodle (kort animasie op hul tuisblad) aangekondig het.

3. Die 'e' aan die einde van die logo staan steeds punt in die wind, wat bewys Google sal altyd effens onkonvensioneel wees.

google-logo-e-020915

4. Die kort weergawe van die logo wat byvoorbeeld in jou bookmarks en apps verskyn, was voorheen ’n blou kleinletter 'g'. Dit is nou vervang met ’n hoofletter 'G' in al die kleure van Google.

the-g-icon-020915

5. Volgens die video hier onder kombineer die nuwe logo wiskundig korrekte lyne met kinderlike eenvoud.

Klik HIER vir nog feite oor die nuwe Google-logo.

Lees ook