5 kombuiswenke van Huffington Post om jou lewe in die kombuis makliker te maak ...

Skerp messe hoort nie in die skottelgoedwasser nie. Moenie jou duur skerp messe in die skottelgoedwasser sit nie. Dit maak die lemme vinniger stomp. Was dit eerder met die hand.

Moenie skoonmaakmiddels direk op die tafel-oppervlak spuit nie. Wanneer jy die vloeistof direk op die oppervlak spuit, spuit dit terug. Spuit eerder die skoonmaakmiddel direk op ’n lap voordat jy daarmee afvee.

FOTO: Henk Hattingh FOTO: Henk Hattingh

Maak jou skoonmaaklappies gereeld skoon. Jy mag dalk eerder bakterie versprei as om skoon te maak. Los die lappies in ’n oplossing van bleikmiddel.

5 wenke om jou vertrek ruim te maak

Sit jou sponsie in die mikrogolfoond. Wanneer jy jou klam sponsie vir ’n paar minute in die mikrogolfoond sit, sal dit die meeste van die bakterie doodmaak. Jy kan ook die sponsie in ’n oplossing van suurlemoen of bleikmiddel los voordat jy dit in die mikrogolfoond sit.

Spek hoort eintlik in die oond. Spaar jouself die moeite en bak eerder spek in die oond. Op dié manier hoef jy nie al die vet-spatsels skoon te maak nie!

Lees nóg wenke HIER

Bron: Huffington Post

November 2014 andrea streso nov

Pragfoto's in die November-uitgawe van SARIE wys prakties hoe om jou vertrek ruimer te laat vertoon PLUS nóg hope dekor-inspirasie vir klein vertrekke.

Lees jou SARIE op jou rekenaar, tablet of slimfoon - KLIK HIER.