’n Musiekvideo deur meer as 50 van Suid-Afrika se top-kunstenaars het vanoggend duisende hartsnare op die internet geroer.

Die musieklegende Johnny Clegg ontvang tans behandeling vir pankreaskanker. Om hul ondersteuning te wys, het kunstenaars van reg oor die land uit verskillende musiekagtergronde op 10 September bymekaar gekom om hul eie weergawe van sy liedjie “The Crossing” te sing. Sy musikant-seun, Jesse, was een van hulle. Die opname is opgedra aan Johnny en almal wat deur kanker geraak word.

Met die opname wil hulle help om geld in te samel vir ’n spesiale aanlyn-opleidingsprogram vir jong leerders, iets wat Johnny baie na aan die hart lê.

Dit is die grootste saamwerkpoging deur Suid-Afrikaanse kunstenaars nog.

KYK HIER NA DIE VIDEO