Dakota Johnson het haar hare afgesny en spog nou met ’n kórt bob.

Die 25-jarige aktrise, wat bekend is vir haar rol in die veelbesproke 50 Shades of Grey, is die eerste keer in New York gesien met haar nuwe haarstyl.

In die Mei-uitgawe van SARIE, wat tans op die rakke is, vertel ons hoe om ’n kórt bob te versorg.