Die maerder Kirstie het die gehoor in 'n treffende skepping in kobaltblou ge-wow – dié trendkleur van die seisoen - toe sy Dinsdag (13 September) vir die Maleisiese mode-ontwerper op die loopplank verskyn het. Die gehoor het haar én Zang Toi met 'n staande ovasie in die volgepakte The Studio by die Lincoln-sentrum gegroet.

Kort voor haar verskyning het sy opgewonde getwiet: 'Waaaa Hooooo!!! Kitty is ready to walk the Cat!!! DONT make me laugh! Gotta keep model face. Oh, who am I kidding?? Haha,"

Haar blonde haredos is in 'n elegante byekorf-styl opgeneem met smeulende ooggrimering in skakerings van blou.

Ons is trots op jou Kirstie!