Die liefdesverhaal van Bob and Gail Phillips sal jou weer in liefde laat glo. 

Om hul 61ste huweliksherdenking te vier het Bob vir sy vrou, Gail, ’n brief geskryf en dit in die plaaslike koerant laat publiseer.

In die brief bieg Bob dat hy weekliks in dié koerant na die foto's van nuwe bruide kyk. Die rede? Hy wil sien of daar ’n bruid is wat mooier lyk as wat Gail op húl troudag was. Maar hy het al die tyd eintlik die antwoord geweet - niemand kan ooit naby sy Gail kom nie.

Hy skryf in sy brief:

“Geluk met ons huweliksherdenking, my geliefde. Jy maak my die gelukkigste en dankbaarste bruidegom wat enige bruid al geken het. Ek sal graag nóg 61 jaar van getroude lewe saam met jou wil hê. Ek bid dat ons die ewigheid saam sal bestee.”

Dié paartjie is op 27 Junie 1953 getroud en volgens Huffington Post het hulle nog nie een oomblik teruggekyk nie. Kyk hier na die onderhoud wat hulle op die Amerikaanse nuusstasie WBTV gedoen het: WBTV 3 News, Weather, Sports, and Traffic for Charlotte, NC

Het jy, of weet jy van ’n mooi liefdesverhaal? Vertel ons! Stuur die romantiese storie aan lucelle.hough@sarie.com.

Bron: Huffington Post