1. Neem vandag net een tree om jou doelwit te bereik. Jy sal gemotiveer voel om meer te doen.

  2. Dink aan jouself as ’n superheld met supermagte wat spesifiek jóú uitdaging kan oplos.

  3. Deel jou doelwit met ’n vriendin. Dit hou jou verantwoordbaar.

  4. Visualiseer soggens hoe jy take suksesvol afhandel.

  5. Plak inspirerende boodskappe op plekke waar jy gereeld kyk, soos jou spieël.

  6. Skryf negatiewe gedagtes neer en skeur dit op.

  7. Stel spertye vir take – en hou daarby!

Dié inligting kom uit SARIE, Maart 2013

Bron: Innervision