Die gewilde akteur Terence Bridgett (Jerome in 7de Laan) is gister in Knysna aangeval en beroof, berig Die Burger.

Die 39-jarige akteur is in die vroeë oggendure deur twee mans oorval in ’n vakansiehuis in Knysna waar hy besig is om voor te berei vir die romantiese komedie Knysna wat hier verfilm word.

Een van die mans het hom glo gewurg totdat hy sy bewussyn verloor het. Die inbrekers het met elektroniese ware, sy beursie en drank weggekom.

Lees die volledige berig in Die Burger.