’n Peperduur kamma-ring ...
Die 7de Laan-span was dit eens Paula moet ’n uitspattige ring hê. Die eindresultaat was’ndrie-karaat-
“diamant” geset in ’n blom-ontwerp. Die juwelier het ’n sirkoon pleks van 'n diamant gebruik, maar wel regte platinum vir die blomblaartjies. Met ’n regte diamant sou so ’n ring maklik R600 000 gekos het, sê Mathilda Engelbrecht, hoof van garderobe.

Hulle wil nie verklap hoeveel die kamma-ring kos nie, maar aangesien regte platinum gebruik is, was dit peperduur. Om die waarheid te sê was die garderobe-span in die moeilikheid by die rekenmeesters,
lag Colin Howard, vervaardiger. “Dis sekerlik die duurste rekwisiete-ring in die geskiedenis!”

Die trouringe

Koekemakranka!
Paula se troukoek bestaan uit 9 lae (11 met die malvalekkers). Dis die trotse handewerk van Bennie Marais, rekwisiete-meester. “Ek het ’n maand en ’n half terug met die koek begin en elke dag byna drie uur daaraan gewerk.” Hy het nie regte koek gebruik nie, maar polistireen wat hy gesny,

geskaaf en met stokke en houtlym aanmekaargesit het, “totdat dit daardie lomp, skewe, kokaai Hilda-gevoel gehad het”. Elke rosie en blaartjie he hy self gemaak, die sjokolade-Kupido’s self gegiet en dit toe met torings malvalekkers afgerond.

Hilda by die troukoek

Die manne!

Felicity en Charmaine

Paula by die onthaalPaula en Altus op die dansbaan

RuikerDie tafels

VoorgeregTroufoto - Paula en Altus