In die 2000's was hy die skaam eienaar van 'n deli in 7de Laan: einste Bart wat destyds Connie se hart gesteel en met die duiwe Breëbors en Bekkie geboer het. Nou is Neil Sandilands die groot skurk in die Amerikaanse TV-reeks The Flash se vierde seisoen.

FOTO Instagram / @cwtheflash

Die Suid-Afrikaanse akteur woon sedert 2014 in Los Angeles.

"Ek het altyd gewonder hoekom mense sê dis so moeilik. Ek het 'n lang droogte as akteur beleef. Gelukkig was daar Suid-Afrikaanse projekte soos die rolprent Die ballade van Robbie de Wee en die Nederlandse The Price of Sugar, afgesien van 'n paar kleiner rolle. Intussen het ek my besig gehou met regie en ander tegniese dissiplines," het Neil verlede jaar aan SARIE.com gesê.

Maar Neil het nooit moed opgegee nie. In Januarie 2015 het hy 'n gasrol in die TV-reeks The Americans gekry, en die rol van Titus in The 100 het 'n paar maande later gevolg. Nou het hy die rol van Clifford (The Thinker) DeVoe, aartsvyand van die held Barry Allen - of The Flash - losgeslaan. 

SKERMGREEP YouTube
SKERMGREEP YouTube

In hierdie gewilde reeks deur The CW-netwerk is sy karakter 'n Suid-Afrikaner met 'n donker geheim. Nog 'n Suid-Afrikaner, die aktrise Kim Engelbrecht, vertolk die rol van sy vrou, Marlize.

SKERMGREEP YouTube

Kyk net vir Neil en Kim (maar pasop, hier word belangrike dele van die storie verklap!):

En nog 'n toneel ...