SARIE.com het gisteraand met bekendes skouers geskuur by aktrise Zetske van Pletzen se klerereeks-bekendstelling.

Die meeste van haar voormalige 7de Laan-kollegas het Zetske kom ondersteun by die geleentheid, wat by The Private Room in Kyalami gehou is. Van die 7de Laan-aktrises, en Zetske self, het hul lyf model gehou en in die moderne, gesofistikeerde klerereeks op die loopplank verskyn.

Zetske het die stylvolle reeks, wat bestaan uit verskeie formele aand- en skemerkelkierokke, in samewerking met die modeontwerper Leo Validus geskep.

“Ek voel ongelooflik trots en is baie opgewonde oor hoe die reeks gaan doen,” sê Zetske.

Zetske van Pletzen in een van haar eie skeppings Zetske van Pletzen in een van haar eie skeppings

Die reeks is vanaf middel-Junie in die volgende winkels beskikbaar: Pallu in Rosebank Mews; Trishy’s in die Morningside-winkelsentrum; en Boutique Bernadette in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria.

Hier is van die sterre op die rooi tapyt en op die loopplank:

Zetske se pa, Pierre van Pletzen het haar ook ondersteun

Pierre van Pletzen Pierre van Pletzen

Diaan se nuwe kapsel - brunet en bob! Diaan se nuwe kapsel - brunet en bob!

Lees meer oor Diaan se nuwe kapsel HIER.

En die ster van die aand ...

Zetske in een van haar rokke op loopplank Zetske in een van haar rokke op loopplank

Alle foto's geneem deur Gloria Cilliers

VIDEO: Die rokke op die loopplank