FOTO Instagram

Onthou julle nog die temalied?

Matt Camden (Barry Watson)

FOTO's Instagram

Hy was die ouboet van die huis wat later medies gaan studeer het. Ná 7th Heaven het Barry Watson se loopbaan op die silwerskerm nie juis vlamgevat nie. Hy het die hoofrol in die 2005-riller Boogeyman losgeslaan, maar dis ongelukkig nie goed ontvang nie en het slegs 13% op Rotten Tomatoes behaal. Barry was wel in 'n paar TV-reekse te sien, onder meer in 'n hoofrol in die reeks Samantha Who?, wat tussen 2007 en 2009 vertoon is. En sedert 2017 is hy die pa in die komediereeks Date My Dad. Dis nog onseker of 'n tweede seisoen gaan volg. Barry was al drie keer getroud en het drie kinders.

Mary Camden (Jessica Biel)

FOTO'S Instagram

Eric en Annie se oudste dogter. Van al die karakters in 7th Heaven het die aktrise Jessica Biel die bekendste en suksesvolste geword. Sy was in talle lokettreffers, soos The Illusionist en Total Recall, en verlede jaar het sy die hoofrol in die kort TV-dramareeks The Sinner gespeel. Sy is vir 'n Golden Globe benoem vir haar spel. In haar persoonlike lewe gaan dit ook goed. Sy is getroud met die Grammy-wenner Justin Timberlake, wat ook soms sy lyf akteur hou. Die paartjie is al ses jaar getroud en het 'n pragtige tweejarige seuntjie, Silas.

Lucy Camden (Beverley Mitchell)

FOTO'S Instagram

Sy het in haar TV-pa se voetspore gevolg en ook 'n predikant geword. In die regte lewe is Beverley Mitchell gelukkig getroud met Michael Cameron, 'n rekenkundige. Sy en Jessica Biel is ná al die jare steeds goeie vriende. Jessica was een van haar strooimeisies. Sy was in nog 'n paar reekse en enkele B-graad-flieks te sien, maar het intussen 'n countrysanger geword. Haar eerste album, Beverley Mitchell, is in 2006 uitgereik.

Simon Camden (David Gallagher)

FOTO'S Instagram

As jongeling het Simon Camden met sy grysblou oë en blonde hare omtrent harte gesteel. Ná 7th Heaven het David Gallagher net klein rolle in reekse soos The Vampire Diaries en CSI: NY gehad. Sedert 2002 is hy die stem van Riku in die videospeletjie Kingdom Hearts. Sy private lewe is verder 'n groot geheim.

Ruthie Camden (Mackenzie Rosman)

FOTO'S Instagram en Getty Images/Gallo Images

Die krulkopdogter van Eric en Annie het vir groot vermaak op 7th Heaven gesorg. Mackenzie Rosman het ná die reeks in 'n paar flieks en nog reekse gespeel, maar op 28 fokus sy eerder op fotografie en perde.

Sam en David Camden (Lorenzo en Nikolas Brino)

FOTO Instagram

In die derde seisoen het Annie swanger geraak met 'n tweeling. Die seuns, Sam en David, het daarna voor kykers se oë grootgeword. Deesdae is Lorenzo en Nikolas Brino, ook 'n tweeling in die regte lewe, uit die kollig. Min meer onlangse inligting of foto's van die twee is op die kuberruim beskikbaar.