Só berig Landbou-weekblad se webtuiste.

Volgens Darren het sy voorman 9 Junie 2010 omstreeks 23:30 wakker geword omdat sy honde geblaf het.

"Hy het ondersoek ingestel en drie mans gesien wat in die rigting van ons huis hardloop... Hy het hulle agterna gesit en nege skote op hulle afgevuur," het Kurt gesê.

Darren, wat self ’n slagoffer van geweldsmisdaad was, is deel van die SHOUT-veldtog en hy sê misdaadslagoffers moet weet hulle word nie as stastistieke gesien nie.

In 'n SARIE-onderhoud in April-2008 sê Kurt:

"Ek is bang vir misdaad. Ek is al twee keer beroof, in my eie bed, en ek slaap steeds nie te lekker nie. Ek is bang iemand na aan my kom dit ook oor. Ek het 'n bietjie doodgegaan destyds - dit gebeur as sestien ouens met gewere om jou staan en jy lê vasgebind op die vloer in jou slaapbroek, met jou eie duvet oor jou kop. Misdaad maak my naar as mense oënskynlik immuun raak teen al die skokberigte.

Laai die SHOUT-liedjie teen misdaad af

SMS SHOUT na 33335 (SMS kos R2)