Een van hul vriende, Wicus van der Merwe, het op Twitter gesê: "Sterkte aan Adam & sy vroutjie na hul moeilikheid vanoggend. Dink vreeslik aan julle & hoop julle is orraait!"

"Hulle is gelukkig nie beseer nie," het Andrew James, woordvoerder van Select Music, bevestig.

Adam en Almitra het Augustus 2010 in 'n warmlugballon bo die pragtige bosveld by Mabalingwe-natuurreservaat verloof geraak.

Hulle beplan om Januarie 2012 te trou. Charlene Wittstock, wat op 2 Julie vanjaar met prins Albert van Monaco trou, het in 'n onderhoud met Huisgenoot gesê sy is baie spyt dat sy nie Louis Loock se troue in Februarie kon bywoon nie, maar dat sy regtig hoop om hier te wees vir Adam se troue.

Ons is saam met hulle baie bly dat hulle nie ernstig seergekry het nie!