Adele is op die herstelpad ná ’n operasie aan haar stembande, maar haar loopbaan staan nie stil nie. Dié sensasie is vir 6 Grammy-toekennings benoem! En 3 daarvan is in van die grootste Grammy-kategorieë, naamlik Album van die Jaar, Opname van die Jaar en Liedjie van die Jaar.   

Adele is egter nie die enigste een met 6 benoemings nie, met Foo Fighters en Bruno Mars wat geensins terugstaan nie. Die kletsrymer Lil Wayne het 5 benoemings gekry en Rihanna 4. Die nominasies strek dus oor verskillende genres.

Die grootste benoemings dié jaar is

Opname van die Jaar

Adele – Rolling in the Deep
Bruno Mars - Grenade
Bon Iver – Holocene
Mumford and Sons - The Cave
Katy Perry - Firework

Album van die Jaar

Adele - 21
Foo Fighters - Wasting Light
Lady Gaga – Born this Way
Bruno Mars – Doo-Wops & Hooligans
Rihanna – Loud

Liedjie van die Jaar

Kanye West en Rihanna - All of the Lights
Mumford and Sons - The Cave
Bruno Mars - Grenade
Bon Iver - Holocene
Adele - Rolling in the Deep

Die 54ste Grammy-toekenningsaand word 12 Februarie 2012 op M-Net uitgesaai.

Besoek www.grammy.com vir die volledige lys van benoemings