“Adele het die wêreld oorwin met haar treffende stem en die feit dat sy altyd haarself is,” skryf Alexandra Shulman, redakteur van Vogue UK, in haar redakteursbrief. 

“Ons raak dikwels lief vir bepaalde karaktertrekke in bekendes, en daardie eienskappe raak deel van die rede waarom ons van hulle hou. Dan raak ons kwaad wanneer hulle buite die vooropgestelde idees wat ons as aanhangers gevorm het, optree. Adele is so normaal, plat op die aarde en vasberade, en dit is waarom ons en haar aanhangers so mal is oor haar," skryf Alexandra verder.

Adele het met Christa D’Souza gesels oor haar loopbaan, styl en hoekom sy daarvan sal hou om die gesig van Coke (nie Coke Light nie) te wees.