Die gewilde Hollywood-paartjie het twee dogters, Violet (5) en Seraphina (2), en Jennifer sê dit sal vreemd wees om ’n seuntjie te kry, berig people.com.

Sy het op die Ellen DeGeneres Show vertel dat sy self een van drie dogters is. “Dit was wonderlik om saam met twee susters groot te word,” het sy aan Ellen vertel.

“Dit sal heeltemal anders wees as waaraan ons gewoond is as ons nou ’n seuntjie kry.” Tog dink sy dit sal lekker wees vir Ben. “Hy hou van bofbal en sulke seuntjie-dinge, daarom sal hy ’n seuntjie baie geniet.”

Die dogtertjies is baie opgewonde oor die nuwe baba en dring daarop aan om die naam te kies. “Die name waarmee hulle reeds vorendag gekom het is Ralphie, Frankie, Minnie Mouse of Daisy Duck,” lag Jennifer.