Sedert David Beckham afgetree het, het die gerugte gevlieg dat hy, soos sy vrou Victoria, nou 'n ontwerper gaan wees. Maar David het ander planne met sy vrye tyd...

Die voormalige sokkerheld gaan glo nou in besigheid met Gordon Ramsay. Dié twee bekendes wil glo binnekort saam 'n restaurant oopmaak. David, Victoria en Gordon is gesien waar hulle met bouers praat by 'n vervalle winkel in Bermondsey, 'n distrik in die suide van Londen. (Kyk na die foto's van die potensiële restaurant hier)

Nigella se man: 'Ek het haar nie seergemaak nie'

"In die groter skema van besighede is hierdie een maar klein, maar een waaroor David baie opgewonde is," het 'n bron aan The Mirror gesê. "Hy self is 'n goeie kok en het al oor die jare geleer hoe om Franse en Italiaanse disse te maak, maar sy gunsteling bly Britse kos. Hy is baie lief vir 'n pastei."

David gaan ongelukkig nie self in die kombuis wees nie, maar glo baie betrokke wees by dié restaurant.  Dit gaan aanvanklik 'n pastei-winkel wees, maar dit sal ontwikkel in iets meer. Becks en Gordon het glo al in Februarie begin gesels oor 'n restaurant.

En die beste pa is ... David Beckham

Die Beckhams en die Ramsays is goeie familievriende en kuier gereeld saam. Gordon se 15-jarige dogter Megan (foto onder) het ook blykbaar vir 'n kort rukkie met die 14-jarige Brooklyn Beckham uitgegaan.

screen_shot_2013_07_22_at_2.47.38_pm_630w Foto: Twitter