Die suksesvolle musiek-produksie met Laurika Rauch, Mathys Roets, Myra Maud, Anna-Mart van der Merwe & Anna Davel het pas 'n baie suksesvolle speelvlak by vanjaar se KKNK gehad. Afri-Frans is 'n keur van die mooiste en gewildste Afrikaanse liedjies - dié keer in Frans gesing deur die Franse kunstenaar, Myra Maud.

Dit is soos Anna-Mart van der Merwe sê:
"Die Afri-Frans-projek weerspieël vir my iets van die naelstring wat ons almal oor alle vastelande heen verbind. Afrikaans is in die lig van sy jeugdigheid eintlik 'enorm oud' in terme van wat reeds bereik is. Afri-Frans plaas die fokus opnuut op ons taal en laat dit op 'n nuwe manier lewe." 

Moet dit nie misloop nie!

Afri-Frans toerdatums

in April en Mei regoor SA - bespreek jou kaartjies


kykNET-skedule:

Regstreeks

Woensdae - 20:00 - 21:00

Heruitsendings

Vrydae - 10:30; Saterdae - 02:30 en 18:30; Sondae - 13:30; Maandae - 08:30.