Afrikaans is Groot

STEVE HOFMEYR

"Daar's 'n Plek van Coenie de Villiers. Dan Gé Korsten se Liefling. Ook Die Stem"

THEUNS JORDAAN

"Valiant Swart se Sonvanger. 'n Meesterstuk van musiek en lirieke wat hart en siel aangryp."

KARLIEN VAN JAARSVELD

"Theuns se Net Voor Die Storm Kom. Dis sielvolle lirieke met 'n storie daaragter."

BOBBY VAN JAARSVELD

"Joe Niemand se Ek Sal Nie Bang Wees Nie. Ons het sulke musiek nodig in die tye waarin ons leef."

BOK VAN BLERK

"Iets van Anton Goosen. As ek moet kies sal dit Simone wees. Of David Kramer se Stanley en die Koei."

JUANITA DU PLESSIS

"Ek het baie gunstelinge, maar ek is veral lief vir Steve Hofmeyr en Anneli van Rooyen se musiek."

JAY

"Die eerste liedjie wat ek oor en oor geluister het was: Jy is te dierbaar van Laurika Rauch."

LIANIE MAY

"Toe stop my hart want die liedjie praat met jou hart!"

ARNO JORDAAN

"Ek Reik Na Die Sterre van Bles Bridges. Die boodskap is - The sky is the limit."

ROBBIE WESSELS

"Beaufort-Wes van Gert Vlok Nel"

JAK DE PRIESTER

"Hoe ek Voel van Johannes Kerkorrel. Dis een van die mooiste, opregste love songs!"

RIANA NEL

"Om te sê sal onregverdig wees. Dit bly dus my geheim."

CORLEA BOTHA

"Dis vir my 'n riem onder die hart om 'vars' geskryfde treffers te hoor."

JANNIE MOOLMAN

"Gebed van Koos du Plessis"

WAT IS JOU GUNSTELING AFRIKAANSE LIEDJIE?