7de Laan se Simoné Nortmann, Hennie Jacobs én Annelize van der Ryst was onder die groot wenners by die naweek se Royalty Soapie-toekennings.

Simoné, wat Nadia Croukamp in SABC 2 se 7de Laan speel, is bekroon as vanjaar se Beste Nuweling by dié toekennings wat Saterdagaand in Durban plaasgevind het. Kyk hier hoe SARIE se Fanie Cronjé vir Simoné aantrek.

Hennie Jacobs (Diederik) en Annelize van der Ryst (Matrone) is onderskeidelik as die Beste Ondersteunende Akteur en Aktrise aangewys.

Hennie Jacobs gesels oor ouerskap

Maar dis nie net die 7de Laan-sterre wat uitgeblink het nie. kykNET se Binnelanders het ook Afrikaanse sepies se naam by dié geleentheid hoog gehou. Dié sepie se Marisa Drummond (Alexa) het weggestap met die toekenning vir Beste Vroulike Skurk, en die reeks is aangewys as die Kykers se Gunsteling-sepie - ’n toekenning waarvoor die publiek elke jaar stem.

Marisa Drummond - Alexa in Binnelanders FOTO: Twitter Marisa Drummond - Alexa in Binnelanders
FOTO: Twitter

Een van die hoogtepunte van die aand was toe Shaleen Surtie-Richards ’n toekenning vir haar lewenslange bydrae tot sepies ontvang het. Shaleen, wie se ma vroeër vanjaar oorlede is, het vir SARIE.com gesê haar ma was die eerste persoon met wie sy die graagste dié goeie nuus wou deel.

Foto: Phyllis Green Foto: Phyllis Green

Lees hier Shaleen se raad aan mense wat deur ’n rou-tydperk gaan.

WAT DINK JY? WIE IS JOU GUNSTELING-SEPIESTER? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

BRON: justcurious.co.za