Lianie May, Riana Nel en Sorina Erasmus, oftewel die Flooze, het almal onlangs op Twitter en Facebook gesels oor die nuwe alubms waarmee hulle besig is.

Met dié sangeresse wat almal agter die mikrofone ingeskuif het, lyk dit of daar binnekort weer splinternuwe Afrikaanse musiek op jou radio gaan speel.

Kyk net dié foto van Lianie May wat werk aan haar nuwe album. Dít gaan glo April of Mei al op die rakke wees!

Lianie in die ateljee FOTO: Facebook Lianie in die ateljee
FOTO: Facebook

Intussen spandeer ’n hoog-swanger Sorina (wat op Twitter na haar baba verwys as "Braambossie") hope tyd op die verhoog én in die musiekateljee. Op Facebook sê sy met dié album trek die Flooze ’n splinternuwe baadjie aan en dat die liedjies wat Sorina onder haar eie naam opneem, net so sterk is. Sy hoop om dié CD later vanjaar uit te reik.

Sorina in die ateljee as die Flooze FOTO: Twitter Sorina in die ateljee as die Flooze
FOTO: Twitter Riana Nel, wat verlede jaar getroud is, werk ook hard aan haar nuwe CD. Sy het gister dié foto op Twitter gedeel.

Riana Nel skeer die gek in die ateljee FOTO: Twitter Riana Nel skeer die gek in die ateljee
FOTO: Twitter

"Harde werk maak goeie albums," skryf sy saam met ’n foto van haarself in die ateljee op Twitter.

Sien jy daarna uit om dié kunstenaars se volgende treffers te hoor?